Vredefort Dome

the Vredefort Dome
Die oudste en grootste meteoriet-impakkrater ter wêreld

- Dewald Venter, lektor: Avontuur-toerisme, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Dept: Toerismebestuur. (artikel soos verskyn in Noord Vrystaatse Gazette bylaag)

Alhoewel sommige wetenskaplikes redeneer of die “koepel” die grootste, tweede, of derde grootste is en of dit die oudste is of nie, bly die oorblyfsels van hierdie natuurverskynsel steeds ‘n geweldige interessante en soms ‘n asemrowende plek.
Om die werklike impak van die koepel te verstaan is dit nodig om verder in die geologiese besonderhede en die geskiedenis van die wêreld te gaan delf.

 

Tydperk van ontstaan

Ongeveer 2023 miljoen jaar gelede het die koepel sy ontstaan gehad toe ‘n groot meteoriet die aarde getref het. In daardie tyd het Gondwanaland nog bestaan en dit was nog voordat die dinosourusse op die aarde geheers het. Dinosourusse het sowat 65 miljoen jaar gelede uitgesterf en het die aarde vir 150 miljoen jaar bewoon.

Vorms van lewe

Op die tydstip toe die meteoriet die aarde getref het, was die enigste vorm van lewe ‘n tipe alg wat stromatoliet genoem word. Dit is ‘n ronderige alg wat tot vyf meter hoog kon word en het gewoonlik in waterryke gebiede voorgekom. Hierdie stromatoliete was die enigste organisme wat op die aarde geleef het en dit het suurstof vervaardig, amper soos wat plante dit vandag doen. Die suurstof om die aarde vorm die atmosfeer en hierdie stromatoliete het nie soveel suurstof vervaardig soos plante vandag nie, dus was die atmosfeer ‘n baie dun laag en dit het ‘n invloed gehad op ruimtemateriaal wat teen die aarde gebots het – dit kon dus maklik weer gereflekteer word en weer die ruimte ingegaan het – dit het soms gebeur dat ‘n voorwerp die aarde kon tref en die ruimte in terughop.

Binnelandse moeras

In Gondwanaland se tyd was daar ‘n groot binnelandse meer of moeras (soortgelyk aan die Okavango Delta in vandag se tyd) waarvan die water van Mpumalanga af in hierdie moeras ingevloei het (volgens bespiegelinge kan die vloei van die water dalk verklaar word as die Vaalrivier wat in daardie tyd al sy loop na die laerliggende dele van die landmassa geneem het). Die moeras het (in vandag se tyd gemeet) vanaf Middelburg in Mpumalanga tot in Richmond in die Noord-Kaap gestrek. Die invloei van die water na die moeras het fyn spoelgoud en verskillende soorte sandsteen in die water laat beland wat weens swaartekrag afgesak het tot op die bodem en dan verskillende sedimentlae gevorm het. Die sedimentlae het met verloop van tyd versteen om rotsformasies te vorm wat uit verskillende sedimentlae bestaan. Dit verklaar die goud wat in die koepel voorkom en waarom prospekteerders en mynhuise selfs nog ‘n paar jaar gelede in die koepel wou myn – iets wat katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika sou inhou as gevolg van die nagevolge van die metodes wat hulle wou gebruik om die klein hoeveelheid goud wat in die koepel voorkom winsgewend te ontgin. Die metodes sluit onder andere in die oplossing van goud met sianied ’n baie giftige vloeistof) wat in die grond kon inlek en ook in die Vaalrivier sou beland en negatiewe impakte al langs die Vaal- en Oranjeriviere tot in die Atlantiese Oseaan sou hê.

Rotsformasies

Die meteoriet was 10 kubieke kilometer groot – groter as Johannesburg se midestad en amper so groot soos Tafelberg – en het teen ‘n snelheid van 20 kilometer per sekonde beweeg. Die impak was so groot dat dit skokgolwe, wat tussen 8 tot 12 kilometer hoog was, oor die aardkors gestuur het. Die skokgolwe het al die rotsformasies in die omgewing gebreek en impakkeëls gevorm – wat vandag een van die bewyse is dat dit wel ‘n meteoriet moes gewees het. Die meteoriet het diagonaal 17 kilometer in die aardkors inbeweeg en ‘n druk op die aardoppervlak van tussen 100 tot 200 kilopaskal uitgeoefen. Hierdie druk het die temperatuur tussen die rotsformasies en die meteoriet tot 1200°C laat styg. Dit het veroorsaak dat die rotsformasies wat naby die meteoriet was, gesmelt het. Van dié gesmelte rots het in die skeure en krake ingevloei en later daar versteen – vandag staan dit bekend as pseudo-tacholiet en is steeds duidelik sigbaar, veral in die granietformasies.
Net soos ‘n waterdruppel wat in ‘n vol glas water val en weer terugskiet, het die meteoriet ook weer teruggeskiet, die ruimte in, maar van die nikkel-yster-bindings waaruit ‘n meteoriet bestaan, het in die granofiergesteentes agtergebly en dit is vandag die enigste plek waar daar fisiese tekens van die meteoriet self gevind kan word. Die hele ontploffing was gelykstaande aan ‘n ontploffing van 87 miljoen waterstofbomme wat gelyktydig sou ontplof. Dit is duidelik dat daar ook geweldig baie stof veroorsaak moes wees. Die stof het binne ‘n paar uur die hele atmosfeer van die aarde gevul en omdat die atmosfeer baie dun was het die stof 30 jaar geduur voordat dit weer oor die hele aardkors verstrooi gelê het. Die aarde het in hierdie tyd geen sonlig gekry nie en vir 30 jaar afgekoel en verys. Bewyse van die gletsers kom vandag nog in sommige rotsformasies voor en plek-plek kan gletsersand nog gesien word. Miljoene jare later het Vredefort se impak verreikende gevolge vir mens en natuur gehad.

Significance of the Vredefort Dome as a world heritage site to the Vredefort Dome Conservancy (VDC Free State)

As per the World Heritage Inscription, the Vredefort Dome is the oldest (2023 million years), largest and most clearly identifiable meteorite impact crater in the world. Its overall diameter is about 380km. The core of the dome straddles the Vaal River incorporating both the North West and Free State provinces and constitutes an area of about 30 000ha. It is surrounded by a buffer zone of about 14 000ha. The Vredefort Dome is the only identified site on earth which provides a full geological profile of a meteorite impact. The World Heritage committee decided that this was one of the most important sites for mankind to preserve. The site provides the best example of a meteorite strike and the consequences of a strike for researchers. The site also contains rich evidence of the culture of BaSotho, BaTswana and Khoi-San as evidenced by the caves with skulls and tools, remnants of kraals and rock art.
The Vredefort Dome has a wide variety of tourist options ranging from tented camps to luxury accommodation, from extreme sports to leisure options. It also has about 100 recorded plant species, 300 bird species, over 70 butterfly species, small mammals and a variety of other biological species which could still be discovered with the evolution.

Role of the VDC (Free State)

The next step now that the Vredefort Dome has been listed as a World Heritage site is for the Minister to nominate a Management Authority and then develop an Integrated Management Plan. The Integrated Management Plan will comprise, among other items:

  • A Strategic Environmental Assessment
  • A Conservation Management Plan consisting of a plan for the conservation of heritage and a plan for the conservation of this wonderful biodiversity
  • A Tourism Development Plan
  • A Social Upliftment Plan
  • A Monitoring and Evaluation Plan


The role of the VDC (Free State) Conservancy Committee now becomes even more important as we have to guarantee that our landowners have representation on this Authority to ensure that the landowners' interests are recognised and incorporated into the Integrated Management plan. We need to continue the work with government to identify indigenous game species for introduction of a Game Reserve which will promote eco-tourism and community upliftment. We also need to monitor that our mandate from our landowners is maintained and preserved by the new Authority.

Clive Gillespie, Chairman VDC (Free State)

www.tvdc.co.za