Boodskap van Dokter Crater Cruise, 8 - 9 Oktober 2011

Crater Cruise Fietsfees

Oktober is lentetyd en lentetyd is Crater Cruise tyd in die Vredefort Koepel..Elke jaar ruk die fietsrybevolking van Suid Afrika op na Parys vir die grootste fietsfees in die land. Hierdie wedren geniet soveel prestige dat die land se bekendste en mees gevierde fietsryers hieraan kom deelneem. Duisende fietsryers, groot en klein, te same met hul gesinne stroom na Parys. Daar is ‘n item vir byna elkeen wat ‘n fiets kan ry, van 250 treë vir kleuters tot 103 km vir die bedrewe fietsryers. Toeskouers kom besoek die fees en die terrein ook sommer net vir die pret. Nie alleen vergaap hulle hul aan ons eie Eiffeltoring, Obelisk, Arc de Triomphe, die Guillotine en ander Franse besienswaardighede nie maar geniet veral die grootste bergfietsexpo in ons land. Die belangrikste punt nou is om die naweek se verblyf te bespreek om teleurstelling te voorkom